Painting #031

R11,850.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

ons
eksistensiële angst
ek loop kyk op google
en google oorrompel my met info
existential fear
existential dread
existential terror
partykeer kan net die idee daarvan dat jy mens is
en jy lewe en jy moet staande bly om te oorleef
jou so kakbang maak dat jy onbedaarlik bewe
van banggeit in jou liggaan hart en siel
want daar’s te veel goeters waaroor jy geen beheer het nie
As jy jonk is dink jy jy het krag om die wêreld te oorwin
maar eintlik het jy nie
eintlik is jou grootste idiaal in die lewe net om een nag ongesteurd te kan slaap
en as ek na my kinders kyk
met die klein kosbare lewentjies wat hulle
saam met hulle eie
in hulle hande hou
dan het ek geen maar geen idee hoe ek oorleef het nie wat nog te sê gecope het nie
al wat ek kan dink is dat jou liefde vir jou kinders so allrsoorheersend groot is
dat jy ten spyte van en desnieteenstaande kophou en jou bes probeer
elke dag
en op die ou end tog staande bly
Jy weet dit nie
en dit voel nie so nie
maar iewers iewers sal dinge ook rustiger gaan
iewers sal jy weer ń grip kry
Maar nou is al wat ek as ma kan sê
is tussen alles deur is daar steeds die joy
en die liefde
en die kosbare allerheilige oomblikke
En moenie so martie smartelgat suffer nie….
KRY VIR JOU IETS
al is dit rescue remedy
of daggaolie if prozac of groen mamba of waddefok
Want jy’t nie net jou eie welsyn in jou hande nie
jy’t ook dié van jou lewensmaat
en die klein sagte voetjies
wat deur jou huis rondtrippel
of nog onbeholpe in die pram rondskop
in jou hande…..
in jou hande wat ten spyte van als
steeds jou hart se liefde aangee
en gee
en gee
en gee….

Additional information

Weight 3 kg
Dimensions 100 x 120 x 4 cm
Boxed

painting boxed on solid wood (back frame)