Painting #036

R1,350.00

Poem laminated and included with painting

Out of stock

Category: Tag:

Description

jou huis kan mooi wees
met lang gange en blink vloere
met groot vensters wat die buitekant binnenooi
met plek vir baie mense
en ń hond wat op die stoep slaap
en ń hond wat voor die kaggel lê
jou huis kan mooi wees
met stewige mure wat die storms afweer
en jou veilig en knus binnehou
met katte wat hulself allerlieflik op mooi plekke drapeer
met blomme in die voorhuis wat sê welkom
maar as jou kop en jou hart in ń warboel is
as dinge nie uitgesort kom in jou eie lyf se binnekamers nie
dan is daar in jou huis maar net ń skyn van vrede
kry jou binnevrede reg
no matter what
dan sal jou huis sy eie onverbloemde vrede en vreugde en warm hart uitstraal
maak nie saak of jy in ń pondok
of in ń paleis bly nie
sodat almal wat oor jou drumpel tree
lus sal voel om nog bietjie langer te vertoef
oor hulle dadelik sal aanvoel
almal wat hier saamlewe en die hele huis se harte klop doef doef saam op ń vredige ritme

Additional information

Weight 1 kg
Dimensions 25 x 25 x 2 cm
Boxed

painting boxed