Painting #039

R1,500.00

poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

in hierdie ou lewe het ek maar twee of drie
regte egte ware vriende (gehad)
en ek’s ok nie een van daai wat
“ek ken mos vir almal
ek is almal se pel” is nie
en ek is ok dalk soos ń lafaard
al het ek ń lovehart
want vir my om iets swaars reguit in mense se gevrete te sê is te swaar
ek sê liewers uh ja ja is so is reg
en in my kop dink ek ag gaan kak
en na ń lang lewe van konfrontasies van bekgevegte
hol ek steeds liewers weg
selfs foongesprekke met ietwat vreemdes en onvreemdes freak my uit
en die laaste paar jaar dink ek alte maklik
ag nee o fok hierdie ingewikkeldheid is te ingewikkeld vir my
ek gaan nie laat dit in my siel inwikkel nie
en iemand sê vir my jy kruip agter jou woorde weg
en toe dink ek watse fantastiese skans
muur
skansmuur is dit nie
woorde
maar daar’s ń paar mense in my lewe wat nie daai kakkant van my verdien nie
nie eers rêrig verdien nie
nee met my hele hart wil ek hulle nie so iets aandoen nie
met my hele hart moet ek loop regmaak
want hierdie onmin het in my siel ingewikkel
en ek wil graag weer deur die lewe stap
met my vriend langs my
al is dit van verlangs af

Additional information

Weight 1 kg
Dimensions 20 x 30 x 2 cm
Frame

Framed with Glass

Painted on

oil paint on Fabiano paper