Painting #046

R5,650.00

Poem is laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

ek dink en dink en dink
maar ek kan nie rêrig die on-aan-die-kantgeit
in my kop uitpluis nie
ja okay daar is meestal chaos in my kop
maar ek weet waars al’s
en ek weet hoekom staan dit heel agter
in die verste hoekie ingesteek
weggesteek
en hoekom staan dat heel voor
waar ek elke dag my hand daaroor kan snoes
Maar lately is my kop half staalwol
half watte
en ek bedink die redes daarvoor:
-dis die griep wat my kop so martel met meegaande corex corenza c strepsils en hoesstroop en suurlemoen
– of dis hierdie stadium tussen twee trekke …
jy settle nie jy hang net in
want jys nog nie by die huis nie
– of die konflik tussen jou hart en jou kop bring nou finaal jou psigopaterige eienskappe uit.
Hopelik dalk wie weet
kom daar ń skoonmaakwind van die see af
en waai my kop en my hart en my siel
weer in lyn

Additional information

Weight 2 kg
Dimensions 50 x 60 x 3 cm
Boxed

Painting is boxed with Solid wood