Painting #057

R9,350.00

Poem is laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

ek het al gewonder
op wie se skouer sal ń hanswors gaan huil
as sy hart so seer is lat hy wil huil
dié een wat altyd so happy is
wat altyd presies so weet hoe om ander te laat lag
die een met die rooi neus op en die breëbek smile
die een wat sy arms so in die lug opgooi
en sy heupe so wikkel
en dans
en dans
die een wat bollemakiesie slaan
en aspris oor sy eie voete val
Maar hansworse raak ook sad
hulle ma’s gat ook dood
en hulle skei ook soms
hulle word ook gefire.
maar as jou hansworswees real is
as die humor en die snaakswees uit jou siel uitborrel
net borrel en borrel oor daar iewers ń fontuin van
goodwill en toeganklikheid en skater skuil
dan sal die wêreld maklik met jou saamlag
en as jy die dag oorromoel voel deur sadness
dan sal die wêreld se groot sagte skouer vir jou daarwees
dan sal die wêreld gaan platsit en jou nadertrek
en sy troosarms om jou vou
en sê toemaar toemaar hanswors
môre is ń nuwe dag
môre is alles beter

Additional information

Weight 2 kg
Dimensions 100 x 80 x 5 cm
Boxed

Painting is boxed with Solid wood