Painting #064

R2,250.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

een keer ń jaar net voor die winter
begin havoc maak in die kaap
dan kom die ganse
hulle kom groet
en hulle kom vir oulaas my kop goed begans
toe ouma met die ganse bevriend was
het sy gesê my kind jy moet toelaat dat die ganse jou begans
want dan sal die koudste winter nooit vir jou te lank voel nie
en dit help dat jy wyer sal kyk na dinge
en nooit sal vergeet dat elke saak en elke mens
elke diertjie
en elke plesiertjie
vele kante het
so nou tel die ganse my op
en vlieg met my oor die populierbos
sodat ek kan sien hoe herfserig
die herfs lyk as die herfs op sy herfste is.
sodat ek al die inns and outs van die mense daar ver onder kan sien
hoe hulle lag en huil en allerande
mensgoeters doen
en toe ek heel goed begans is
en hulle my terugvat huistoe
gee hulle vir my elkeen ń klein sakkie donsvere vir ń ganskombers teen die winterkoue
en ek gee vir hulle elkeen ń handvol mielies en ń handvol liefde om in hul rugsakkies te sit vir die lang vlieg
sonland toe

Additional information

Weight 2 kg
Dimensions 25 x 30 x 3 cm
Frame

With Frame

Three Dimensional Art

Painting with found objects