Painting #065

R2,250.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

al wat ek nou weet van die lewe is…
dit gaan aan
behalwe as jy loop doodgaan
maar all in all
come hell or high water
die lewe gaan aan
en soms is die onvervangbare goed
jy weet die wat jy nie kan koop nie
daai goed wat jou lewe so allerkosbaar maak
broos en onseker
soos ń mossietjie in jou hand
soms raak dit mak
en dit bly by jou
en dit kom altyd weer terug
maar ai
soms vlieg daai goed wat jy vir ewig as joune sou wou hê
net so woeps weg
maar of jou liefgoeters bly by jou
en of net party bly
en of jy sommiges verloor
die lewe bly maak soos die lewe maak…
dit gaan aan

Additional information

Weight 2 kg
Dimensions 25 x 30 x 3 cm
Frame

With Frame

Three Dimensional Art

Painting with found objects