Painting #066

R2,250.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

by ouma het ek woorde leer liefkry
sy’t gesê my kind as jy die kuns van woorde het
het jy iets kosbaarder as pêrels
ek sou iets sê soos skoen
dan sê ouma skoenlapper
en ek weer skoenlappertjie
dan sê ouma sommer
skoenlappertjie sê vir my waar jy die mooi op jou vlerkies vandaan kry
as ek in die veld loop kom die woorde in mooi snoertjies by my mond uit
ek sê dit hardop sodat my ore dit kan hoor
maar met die lang jare toe ek moes leer deal
met die kaarte wat vir my gedeel is
het die woorde saam met die skoenlappertjies verdwyn
tot baie jare later
toe ek dit eers bly inryg het as vloekwoorde
stringe en stringe swart pêrels daarvan
donerse fokken bliksem
maar dit kom nie by my mond uit nie
dit bly baklei en rumoer in my kop
en mettertyd begin die woorde hulle eie way vind
eers onsamehangend onbeholpe ondeurdag ongeskaaf
maar nou ouma het hulle verskriklik begin terugkom
en kan ouma glo dis die skoenlappertjies wat dit vir my gebring het
hope van hulle kom vertel my waar die mooi vandaan kom
en elkeen bring vir my woorde saam
skoenlapperwoorde
en ouma nou is die woorde so baie
hulle is orals op die bad se rant op die bed se kant
in die stoof onder die yskas
onder die matte is hope ouma
en hulle spring oor die stoele en gommel van die mure af
oral oral ouma waar ek kyk en waar ek dink peul woorde uit
en soms maak dit my bietjie bang of sad
maar meestal ouma maak dit my oneindig bly
ek het net gedog ek moet ouma laat weet
en dat ouma baie bly sal wees oor die terugkom van my woorde

Additional information

Weight 2 kg
Dimensions 25 x 30 x 3 cm
Frame

With Frame

Three Dimensional Art

Painting with found objects