Painting #067

R2,850.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

gaan lê rustig in jou bad vol warm water
en laat bob dylan luidkeels vir jou sing
take me disappearing through the smoke rings of my mind
jy hou jou oë heeltyd toe
down the foggy ruins of time
dan vat jy vinoliaseep
far past the frozen leaves
the haunted frightened trees
dan smeer jy jou arms en jou lyf
ordentlik seep
out to the windy beach
far from the twisted reach of crazy sorrow
en jy vryf met omgeehande
jou eie arms jou blaaie jou rug
jou hele bo lyf oor en oor vol seep
jou oë steeds toe
yes to dance beneath the diamond sky
dan begin jy jou voete en bene inseep
stadig deeglik met jou eie omgeehande
want jy’s mos waardig en awesome
with one hand waving free
silhouetted by the sea
en jy staan op en smeer jou boude waaraan niemand blerrie ooit vat nie
with all memory and faith
driven beneath the waves
dan gaan lê jy weer in die water
spoel rustig al die seep af
let me forget today until tomorrow
dan lê jy nog ń ruk in die bad
oë toe
hey mr tambourine man
play a song for me
in the jingle jangle morning
I’ll come following you

Additional information

Weight 2 kg
Dimensions 40 x 30 x 3 cm
Frame

mounted, sinthetic frame, with glass

Painted on

Oil on Fabiano Paper