Painting #071

R3,250.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

daar’s die een plek
die enigste plek
in die middel van die karoo
as jy verby jakkalsfontein
verby minverwagspoort en vaalwater ry
tot by goodhope
waar jy tot by die reënboog kan kom
nie by sy einde nie
ook nie by sy begin nie
want sy einde begin by die begin
en sy begin eindig by die einde
so jy moet na enige van sy punte toe loop
die een punt lê loxton se kant toe
en die ander punt lê fraserburg se kant toe
en as jy daar kom
en jy gryp en gryp soos ń gryper
dan verdwyn die reënboog
maar as jy daar kom
en jy vat aan die reënboog
dwarsdeur die sewe oneindige mooi kleure
en jy streel en jy streel sag en eerbiedig vol deernis
en jy lê jou wang sag teen die reënboogwang
en jou hart teen die reënbooghart
dan sal orals en altyd waarheen jy ook al gaan
se naam vir jou goodhope wees

Additional information

Weight 1 kg
Dimensions 36 x 46 x 1 cm
Frame

With Frame