Painting #072

R5,700.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

maandae was wasdag vir eva
dan vat sy al die vyeblare af rivier toe
dis rugbreekwerk
want dis heeldag se vyeblare uitvryf en skrop
en teen namiddag laat
hang al die vyeblare
oop in die son
dan gaan lê eva uitgeput op die naat van haar rug en rus ń bietjie
want more is nog ń rowwe dag
dan is dit strykdag
maar op ń dag toe kom haar ou trawant
slang van seil daar aan
en hy lag hom in ń kronkel in oor eva se dommigheid
hy gaan wys vir eva waar al die vyebome groei
met nogals verskillende kleure en vorms van blare
en van toe af kon eva heel gerieflik net skoon blare gaan pluk
maar sy’t nog steeds maandae afgegaan rivier toe
want dan bring slang van seil vir haar
van daai appels wat niemand wil hê sy van mag pluk nie (seker oor dit nes tjoklits proe)
en ń plukseltjie dagga
(want daai tyd was daar nog nie prozac nie)
en al wat slang van seil in ruil wil hê
is dat eva met boegoeolie al die stresknoppe uit sy lang lyf moet uitmasseer
en teen laatnamiddag
lê eva en slang van seil uitgerus
op die naat van hulle rûe in die son
slang dink aan niks
en eva smile
want sy weet more is nie meer strykdag nie

Additional information

Weight 2 kg
Dimensions 60 x 50 x 4 cm
Frame

sinthetic frame