Painting #073

R6,900.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

sy sê “my hart gaan so uit na hulle
die oues van dae
want hulle is so down and out en amper oor die muur
vyf voor emmerskop
ek kry hulle so jammer
hulle loop by die dag krommer
(koos het gesê ons ant bessie raak nou so krom
hulle moet ń baksteen voor die bed sit
anders loop sy onderdeur)
die arme arme ou mensies”
…..iemand wat haar geliefde ma oor ń paar jaar
voor haar oë sien oud word het
sê: die ergste vir haar is as sommige mense
vir haar eens mooi slim formidabele ma
die ou mensie noem
my goeie fok sy is oud ja maar sy is nie ń mensie nie
moenie haar verkleineer degradeer verinneweer
deur af te praat na haar as die ou mensie nie!
fok man
sy’t haar lewe gelei soos enige ander kapabele
gewone opregte mens
sy’t haar kinders goed grootgekry
sy’t briewe geskryf en boeke gelees
mensdinge gedoen
en dwarsoor die wêreld gereis
sy’t haar fair share gehad
van die lewe se gebloedneusslanery
en die lewe se in die gat gehappery
maar sy’t survive
sy weet nou baie meer
as wat jy al ooit in jou lewe geweet het
sy weet hoe voel dit om beroerte te kry
hoe jy die een oomblik net nog gewoon jy is
maar die next oomblik werk net die helfte van jou lyf
en weet jy skielik nie meer van lag of huil nie
sy weet hoe dit voel om heeltyd te voel
jy’s nie by die huis nie
jy’s op ń vreemde plek en iemand het vergeet
om jou te kom haal
sy weet hoe dit voel om met ń doek te loop slaap
om stadig stadig stadigaan jou greep
op die lewe te verloor
sy weet hoe dit voel om tandloos bewegingloos
te lê en voel hoe hartversaking voel
sy weet! en eendag sal jy ook weet
sy’s ń mens!

Additional information

Weight 3 kg
Dimensions 60 x 80 x 9 cm
Frame

Meranti wooden frame