Painting #078

R2,250.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

jy is net soos in nooit ooit
te oor die muur
of te onkapabel
of te deur die gat getrek
of te …ag you name it
op die hele aarde is daar niks wat vir te lank so jou gees kan blus nie
dat jy nie een of ander tyd kan sê
van hierdie kak het ek nou net mooi genoeg opgevreet
kyk na my
kan jy sien ek is waardevol
kosbaarder as enige aardse goed
ek wag nie nog tot die dood ons fokken skei nie
nope nee hu uh die lewe is te kort
en te kosbaar
ek laat my nie meer bevloerlap
of verneder of as dom uitmaak
of misbruik nie
die nou reg of weg
en weet jy wat…weg begin vir my al na die beter opsie lyk
En as die blêrrie bliksem vra En waar dink jy gat jy nou heen
dan sê jy dalk sal ek terugwees of dalk nie
moenie wakkerlê en wag nie
daar’s niks in die oond nie
en daar’s niks in die yskas nie
en nee ek het nie vir jou brannewyn loop koop nie
Ek gaan nou my hare loop bloedrooi kleur- presies soos jy nie daarvan hou nie
dan sê jy I’m off baby
I’m off to go and find some beautiful butterflies to chase

Additional information

Weight 1 kg
Dimensions 25 x 25 x 3 cm
Frame

With Frame

Three Dimensional Art

Unique painting created with found objects