Painting #079

R2,250.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

toe jy weg is
was dit somer
die boom by die agterdeur
was swaar van groot ryp vye
jy’t jou hoendertjie net so gelos
en gefokof
die heilige vye het plomp op die grond geval
niemand het daarvan geeët nie
as ek die deur oopmaak
dan storm die hoendertjie nader
ek skel haar
ek gaan jou nek omdraai
vir al jou baas se liegstories
en jou vere een vir een uitpluk
vir elke verdrietige minuut
maar die hoendertjie draai haar kop skeef
en kyk al die wraak uit my kop uit
toe begin ek haar maar voer
haar naam het lovey gebly
maar ek het gesê
hoendertjie jou van is nou toughbitch
en kort voor lank
kon nie ek of lovey toughbitch
onthou wat haar baas se naam was nie
of dat hy nie respek vir ń ordentlike vy had nie

Additional information

Weight 1 kg
Dimensions 25 x 25 x 3 cm
Frame

With Frame

Three Dimensional Art

One of a kind Lidi Painting with "found objects"