Painting #016

R1,650.00

Poem laminated and included with painting

 

please note this painting is not framed

1 in stock

Category: Tag:

Description

tot ek 18 was
het ek geweet en gevoel van droogtes
(ook van vloede)
ek onthou hoe pa vertel kleintyd droogtetyd
hoe hulle met die skaap getrek het
100myl van die plaas af padlangs
beaufort toe
en al die skaap op die trein gelaai het
tot by iemand in die vrystaat wat vir hulle weiding gegee het
ek onthou hoe ek saam met pa gery het
om die skaap te voer
hoe hulle agter die bakkie aangehardloop het
party het net bly lê nie eers hulle koppe opgelig nie
hoe brandmaer die skaap was
hoe troosteloos hulle snags kon blêr
ek onthou hoe pa in die sonkamer sit
en doodstil by die venster uitkyk
hoe die son agter die droë dennebome wegsak oor die droë vlak
ek onthou hoe ek aan pa se lyf kon lees
hoe hy swaarkry saam met sy diere
(ek was lief vir lees
maar nie vir sulke sad stories nie)
en nou as ek plaas toe bel
dan vertel juliana
dat sy vandag in die veld tot by sestig getel het aan klein klein springbok geraamtetjies
ek kan my indink hoe ń boer hoed in die hand
kyk hoe die weer opsteek
en in sy hart sê
gaan my nie verby o heiland gaan my nie verby
wyl U ander seën o heiland seën nou ook my
maar hy sien hoe die weer verbytrek weer
en hy weet vandag is nie sy beurt nie
ek weet hoe voel ander soort droogtes ook
emosionele droogtes finansiele droogtes deernis droogtes
wat jou hart en jou siel verskroei
o mag die hemelsluise oopgaan
mag groot druppels van genade
en goedheid
en medemenslike aanvaarding
en liefde en deernis
oor ons almal uitreën

Additional information

Weight 1 kg
Dimensions 30 x 40 x 1 cm
Frame

Without Frame