Clay Sculpture #B015

R4,250.00

beeld op ń ou kissie wat ek by ń tweedehandse winkeltjie hier uitgegrawe het. R4250

Poem Laminated and included with sculpture

1 in stock

Description

die ou engel sit op my tuinmuur
ek vat vir haar ń beker sop en brood
gaan sit saam met haar op die muur
pasop sê ek jou tiet hang amper in die sop
maar sy sê niks smile net moeg
toe ek aan die anderkant van die muur afkyk
toe verteder my hart so want ek sien
die engel het haar een manjefieke vlerk
vir my afvlerk fisantjie gegee
want die sandhoendertjie het ses piepkleintjies
en nou het hulle almal plek om onder ń sagte warm vlerk te skuil
toe spring ek van die muur af
en gaan haal my laaste bottel hemelse bosmans soetwyn
en ek skink vir my en die engel ń glas van die soete hemelnis
en ek skuif nader aan die engel
sit haar kop op my skouer
sit my arms styf om haar sodat die laaste droesem van my omgee en deernis en liefde als na haar toe oorvloei
want ek weet mens se geekruikie kan maar leeg word
. ..want geekruikies raak gou weer vol
veral as jy jou soetwyn met ń engel deel