Clay Sculpture #B025

R5,650.00

Poem laminated and included with sculpture

1 in stock

Description

ek het die man gemaak

met groot beplanning

hy moes ń mooie walvis ribbeen vashou

maar toe besef ek later hy gaan nie in die oond inpas nie

toe moet ek sy lyf van bo tot onder in twee sny

kop apart

en die arms opchop

en toe is hy nie mans genoeg om die sware walvisribbeen te dra nie

toe gee ek maar vir hom

ń draggie van al my mooie robribbene wat ek so geduldig loop en versamel het oor die laaste 4 maande

Maar nou lyk die man nie meer vir my soos

ń eeebiedige whalebonecarrier nie

maar meer na een van die eensame klipmanne in die kaokoveld