Clay Sculptures #B001

R1,650.00

Clay Sculpture mounted on “sea” brick and “sea” wood, both found on the beach.

1 in stock

Description

en nou sal ek rustig gaan lê
en dadelik aan die slaap raak
want ek weet hierdie dag was ń goeie dag
en ek weet gister is verby
en ek is nou op ń plek dat ek
met al my gisters kan saamlewe
nie altyd sonder seer nie
maar met vrede
en môre
môre sal wees wat môre sal wees
en ek sal môre oomblik vir oomblik bewustelik
in my hand houvas
en as elke minuut of uur sag vir my fluister
hoe kosbaar tyd is
sal ek vir myself fluister
moenie bang wees vir tyd wat verbygaan nie
moenie die tydsandjies in jou hande probeer vasgryp nie
want dan sal daar nie in jou hart en hande plek wees
om te ontvang en om te gee nie
leef net
dis genoeg