Painting #091

R1,950.00

Poem is laminated and included with painting

1 in stock

SKU: 1 Category: Tag:

Description

in die middel van jou lyf

is daar ‘n kas

jou ribbekas

(of ‘n cage

your ribcage)

en daar binne in

mooi in die holte

knus en veilig

daar sit jou hart

beskermd teen alle stampe en stote

…….net teen die letterlike stampe en stote

maar teen die ander

die kras woorde

die verwerping en die verstoting

die afknouery en die verkleinering

teen daai is daar nie ‘n kas of ‘n cage wat jy kan digsluit nie

daarom moet jy

jou hart self oppas

soos ‘n fyn en brose

en allermooie

vlinder

en tog as die meeste van ons uiteindelik terugkyk

sal ons sê van al die mense wat ek tenagekom het

en seergemaak het

is dit myself wat ek die ergste tenagekom

en seergemaak het

en dis nie oor jy nie vir jouself omgegee het nie

maar dis oor jy vir ander meer omgegee het

Additional information

Weight 1 kg
Dimensions 30 x 40 x 2 cm
Frame

boxed on wood