Sale!

Painting #092

R8,500.00 R6,780.00

Poem laminated and included with painting

Out of stock

Category: Tag:

Description

“I had to go crazy to love you
Crazy has places to hide in
deeper than saying goodbye”
LeonardCohen
ek moet bietjie crazy wees
want crazy het n groot huis
met ‘n bank waarop jy kan uitpass
met baie kaste waarin jy kan wegkruip
met swaar gordyne wat jy kan digtrek
ek moet bietjie crazy wees
want crazy het ‘n groot huis
met lang gange waarin jy kan hardloop
en op jou knieë gly tot heel onder
met groot leë sale
waarin jy snags kaalgat kan dans
op “hy vry na stukkie van der merwe
sy bly daar anderkant die blou berge”
ek moet bietjie crazy wees
want crazy het ‘n groot huis
met baie mure wat jy vol prente kan verf
en nog prente bo oor daai prente as jy wil
plafonne en vloere ook wat brightness kan endure
crazy het ‘n hoë pers dak
wat aan die hemel se boonste punt raak
ek moes bietjie baie crazy raak

Additional information

Weight 3 kg
Dimensions 80 x 100 x 3 cm
Frame

canvas – blocked