Painting #099

R3,950.00

Poem laminated and included with Painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

die vrou se skottel is vol
so vol dat dit vir nou te veel vir haar is
maar as sy dit in porsies sny
dan kan sy dit vries vir later eet
maar wat sy liewer doen
is om vir die katte en die hond elkeen ietsie uit te skep
dan vir die krom dowe tannie in die huis om die hoek
ń bak vol te vat
en om die res in die yskas te sit vir as karolus môre kom sê môre mevrou het mevrou nie vir my ń ietsie nie
dan skep die vrou die laaste vir haar in
en gaan sit by die tafel
en eet stadig en rustig en vredig
(het julle geweet die meeste inhalige mense is hardlywig)

Additional information

Weight 4 kg
Dimensions 55 x 70 x 3 cm
Frame

solid wood frame