Painting #102

R12,650.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

om in jou eie misery te indulge
dis nie ń goeie ding nie
dalk vir kort tydjies jy weet net om die ergste uit jou sisteem te kry
maar om aan en aan en aan te hou
oh oh nee nope hu uh dit gaat nie
jy doen niemand ń guns nie
meeste van als nie jouself nie
om soos ń hond jou eie stert te jaag
al om en om dis useless man
so ń gewobbelwobbel wroegwroeg
so ń geween en ń gekners
ek was al met tye so jy weet
lank terug het my binneste soos ń oester toegeklap
hiper unhappy hippopotamus met al die happy weggesteek net die klein oortjies steek uit
sodat mense kan sien o wag daar’s sy nog steeds aan die wallow
nee man die lewe is ń oogwink
ń wyle in die son
ń vlindervlerkie wat vir ń klein rukkie magic maak
en dan’s als verby
so supersmartgat primapruimbek
hiperhaak en steeksiel
die lewe is vir niemand ń joyride nie
net soms
maar meestal nie
so man the fuck up

Additional information

Dimensions 1.5 x 1.2 x 5 cm
Frame

boxed on wood