Painting #103

R2,150.00

Poem Laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

ek hoop so dat jy liefde vind
om elke hoek en elke draai van jou lewe
wyd en ver in jou elkedae
nie net in iemand met wie jy saans kan lepellê nie
maar in als rondom jou
in son wat soggens rooi opkom
en saans mooi ondergaan
in die reuk van die seebamboes in die klam seelug en in jou onthou van hoe die reën ruik in die karoo
en hoe jou kat se hare ruik as hy uit die bossieveld kom
ek wens dat liefde uit jou maag uit sal uitborrelborrelborrel as jy saam met bemindes
en kinders en medemense lag
ek hoop jy vind dat in vernuwing en verandering
en in die boggerops wat jy maak
in jou deurmekaargeit en fokkops
jy presies die mens word wat jy altyd moes gewees het
ek hoop jy vind dat die in plekke binne jou
wat eens gevul was met angs en worries
met woede en verwyt
nou leeg genoeg is
dat daar nou meer plek vir liefde is
want liefde is meer as man en vrou
dit is in alles binne jou
en rondom jou
dit is orals
en alles
dit is lewe

Additional information

Weight 2 kg
Dimensions 30 x 40 x 3 cm
Frame

boxed on wood