Painting #104

R1,650.00

Poem Laminated and included with purchase

1 in stock

Category: Tag:

Description

as jy hard geval het
as jy jou gat gesien het
dubbeld en dwars sonder ń spieel
moenie so oorhaastig wees om op te vlie
en jouself te bullshit
met allerhande peptalkgoeters nie
jy weet met al die quotes en versies
its was meant to be
dis als deel van die groot plan om jou te purify
hu uh nope nee
gee op
net vir nou
vir ń bietjie
bly lê
gee op
gee als op
guit
give the fuck up
Laat jou eie stukkende self net vir ń ruk bly lê
laag laag lê
seil soos ń slang fiela
verflenterd
laag op die grond
ruik die gras
asem die grondreuk in
jy’t gefaal
jy’t geval
dis okay
jou lewe het gebreek
embrace jou gebreektheid
en kyk
kyk
jou ware self
jou nuwe beter self
sal jy vind en optel tussen al die stukkies
wat jy gedink het is
onherstelbaar
gebreek

Additional information

Weight 2 kg
Dimensions 30 x 30 x 2 cm
Frame

boxed on wood