Painting #118

R1,550.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

ek sit in die stil koue skemerte
en kyk by die venster uit
onder teen die see
loop n klomp begrafnisvoëls
dis die eerste keer dat ek hulle hier sien
die wit voëls met die lang swart bene
en lang swart nekke en koppe
hulle stap in ń bondel
tragies
hande agter die rug
soos in ń stoet
so asof hulle weet
te veel mense gaan nou te maklik dood
hulle stap en stap oor die uitgespoelde swart bamboese
toe vlieg hulle weg
laag oor die see
om vir iemand anders met hulle lyftaal
te loop vertel
van nog ń begrafnis

Additional information

Dimensions 30 x 30 x 3 cm
Frame

boxed on wood