Painting #130

R8,500.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

ek het kleintyd baie keer onder by die waenhuis gestaan teen die rant
en as die spoorwegbus daar verby dan roep ek
en swaai my arms swaai swaai
en skree vat my saam beaufort toe
vat my saam
of vir die skaaplorries vat my saam kaap toe
vat my saam
maar die lorries het nie gestop nie
net ń lang wit stofstreep al padlangs gelos
of ek het op en af gespring en vir die boeings geskree vat my saam engeland toe vat my saam
maar die boeing het net ń wit wasemstreep in die blou hemel gelos
maar ek was al oorgenoeg kere in beaufort gewees
en in die kaap
en een keer in engeland (maar net op ń boot in die rivier by southhampton en ek mag nie afgeklim het daar nie om ń klein engelse klippie op te tel nie)
nou wonder ek nog steeds waar vlieg die boeings heen
maar ek waai nie meer vir hulle om my op te tel nie
want ek’s heel orraait net hier waar ek nou is
maar ek waai nog soms vir ń wit duif
of vir ń seemeeu wat oor my vlieg
net om ń klein bietjie van hulle vrye vredigheid by my vingerpunte te voel invloei
en net om vir hulle te laat weet ek sien jou
ek sien jou hier van die aarde sf tot daar doer hoog in die hemel
ek sien jou

Additional information

Dimensions 1 x 80 x 35 cm
Frame

solid wood frame