Painting #131

R2,250.00

Poem laminated and included with painting

1 in stock

Category: Tag:

Description

mens hoef nie boesemvriede te wees
of gatgabbas
of jarelange kennisse nie
om saam saam ń bietjie genade raak te drink nie
nee julle land dalk toevallig saam
met julle elmboë op dieselfde tafel
en oor daar nou klaar glase regstaan en ń bottel wyn
skink julle maar
en eers um en aa julle oor dit en dat
en al verskil julle hemelsbreed
ek meen die een kom van koekenaap af
en daai een kom van die kaap af
kom julle baie gou agter
julle deel dieselfde universele probleem…die ding van die vreugde en die gesukkel om mens te wees
en vir almal op dees aarde is dit eenders
dis net die soort vreugdes en die soort sukkel wat verskil
so dan sit en kuier en praat en praat julle
tot koekenaap amper teen die kaap kom lê

Additional information

Dimensions 30 x 40 x 3 cm
Frame

boxed on wood